Tuis / Home

Aangeneem in Suid-Afrika / Namibië?

“Adopted Child” is vir kinders wat in pleegsorg geplaas was of aangeneem is. Laat ek u moeder of kind vir u opspoor terwyl u besonderhede op “Adopted Child” gelys is. Indien u naam voor u aangeneem is nie op die webtuiste verskyn nie, kontak my asb. Almal wil nie hul besonderhede gelys hê nie. Ek het BAIE sulke sake waar die inligting te min is om die ouer/kind mee op te spoor.

OP 18 APRIL 2018 OM 8:30 IN DIE AAND BEGIN ‘ DIE TWEEDE REEKS VAN DIE PROGRAM “WAAR BEGIN EK SOEK” VAN 13 EPISODES OP DIE DSTV KANAAL 147 VIA WAT HANDEL OOR GESINNE VIR WIE EK NA AANNEMING HERENIG HET.

Indien ‘n biologiese vader wil weet of sy kind soek na hom, kontak my asb, ek sit dit nie op my webtuiste nie, maar sal vir jou kan kyk of jou biologiese kind dalk na jou soek.

Daar was ‘n program op Carte Blanche op M-Net (19 Desember 2010) oor biologiese moeders en kinders wat reeds deur my herenig is. ‘n Opvolg program kan ook hierdie Sondag op 11 Oktober 2015 weer gesien word om 7 uur op Carte Blanche waar twee susters deur my herenig word na 68 jaar.

Adopted Child

Daar was ook op 9 Mei 2016 op SABC 2 se program “Mooiloop” (om half agt die aand) ‘n paar mense vir wie ek reeds na soveel as 64 jaar herenig het en Elma Postma het ook met my gepraat oor die werk wat ek doen.

“Adopted child” is ‘n sentrale punt waar enige iemand wat geaffekteer was deur aanneming, kan soek na ‘n kind, biologiese ouers, broers en susters.

Hierdie webtuiste stel organisasies regoor Suid-Afrika in staat om te gaan kyk of die ma of kind na wie hulle dalk reeds vir jare soek, nie reeds aangemeld het op die databasis nie.

Elke persoon se persoonlike inligting word op ‘n aparte databasis gestoor waar slegs “Adopted Child” toegang daartoe het.

Hierdie is ‘n wonderlik manier om moeder en kind vinniger te herenig. Met die gebruik van hierdie webtuiste word moeders en kinders by ‘n sentrale punt uitgebring en die nodige voorbereiding gedoen om hulle dan uiteindelik te herenig!

“Adopted Child” stel al die organisasies wat herkoms navrae hanteer op ‘n gereelde basis in kennis van “nuwe sake” wanneer nog ‘n moeder of kind op “Adopted Child” se dienste reageer.

Daar is ‘n geweldige tekort aan professionele personeel wat herkoms navrae kan hanteer en op hierdie manier skakel “Adopted Child” hierdie lang soekproses uit. Die proses word dan só versnel en hereniging bespoedig!

Dit is baie moeilik om ‘n biologiese moeder op te spoor omdat haar van verander wanneer sy trou en omdat daar nog nie jare gelede van identiteits nommers gebruik gemaak is nie. Slegs geringe inligting is soms op die aanneming dokumente aangeteken. ‘n Ma en kind mag nooit na mekaar gesoek het nie, maar dié wet het in 1987 verander.

Elke persoon se identiteit word te alle tye beskerm en GEEN inligting sal aan ‘n derde party verskaf word nie.

“Adopted Child” is a central point where anyone who was affected through adoption, can now trace a child, biological parents, brothers and sisters.

This website allows organizations throughout South Africa to search for a mother or child who have been looking for one another for years. Maybe they already registered on this database.

Each person’s personal information is stored on a separate database, where only “Adopted Child” has access to.

This is a much faster and wonderful way to reunite mother and child, with the use of this website. Mothers and children brought to a point and the necessary preparations are done to reunite them after years!

“Adopted Child” frequently notifies organizations who handle origin enquiries of new cases when another mother or child, register on this website.

There is an overwhelming shortage of professional personnel who can handle all the queries of origin in this manner. “Adopted Child” cancels out the long search process, making it faster.

It is very difficult to search for a biological mother, the fact is, that her surname changes when she marries. The reason also being there was no identity numbers used during earlier years. Sometimes insignificant information was brought on the adoption documents as a mother and child were not allowed to contact one another, but this law changed since 1987.

Each person’s identity is at all times confidential and NO information will be provided to a third party.

Voorblad van Die Grootste Geskenk

‘n Voorskou van my boek,
Die Grootste Geskenk, beskikbaar by:

Google Books

Om ‘n kopie van my boek te bestel, stuur vir my ‘n epos na info@adoptedchild.co.za

Sisters meet after six decades article

Sisters meet after six decades

(as published in PE Express written by Chandré Masoling)

Sixty years after learning she was adopted and almost 14 years of searching for her biological family, a Port Elizabeth woman, has finally managed to meet her only surviving sibling, a half-sister. The meeting took place over the 19-20 September weekend when Joy Strydom finally got to meet her half-sister Jenny Horton, whom she welcomed at the Port Elizabeth Airport with family in attendance. Click on the thumbnail on the left to read the full story.

Adopted Child stel voor / suggests

Voorblad van Vaselinetjie

Vaselinetjie deur Anoeschka von Meck

Ek het vir Anoeschka in 2005 ontmoet toe sy as joernalis van Rapport ‘n onderhoud met my kom doen het in Kleinmond nadat ek ‘n ma en haar dogter na 43 jaar herenig het. Hierdie storie is ook ingesluit in my boek wat ek geskryf het “DIE GROOTSTE GESKENK” wat binnekort die lig sal sien. Later meer hieroor…. Dit bevat onder meer 25 ware verhale (skuilname en ander dorpe is regdeur my boek gebruik om elkeen betrokke se identiteit te beskerm) van ma’s en kinders vir wie ek na baie jare herenig het. Aangesien Anoeschka toe reeds ‘n bekroonde skrywer was en ook die boek “VASELINETJIE” geskryf het, het sy ook aangebied om my boek te redigeer.

In die 7 jaar wat ek haar ken, het ons baie groot vriende geword. Ons het baie gelag en baie kaastoast geëet terwyl ons my boek klaar gemaak het. Sy is ‘n vriendin duisend! Haar boek Vaselinetjie het sy geskryf nadat sy in ‘n kinderhuis gewerk het toe sy nog besluit het watter koers haar lewe moet inslaan. Dit beskryf die lewe van kinders in ‘n kinderhuis wat heeltemal onbekend is aan die wêreld daar buite. Vaselinetjie word ook tans by die KKNK en ander plekke opgevoer deur onder meer Charmaine en Xander van die bekende sepie 7de laan. Beskikbaar in sagteband by Loot.co.za

Cover of a road called adoption

a road called Adoption by Irene Berman and Eileen Jordaan

Eileen Jordaan served for many years as manager and Irene Berman as the senior social worker at the Adoption Centre in Cape Town.

Their combined experience in social work has prompted them to write this book – based on case histories – in an attempt to answer some of the many questions arising out of the adoption dilemma.

This book lend some insight into the predicaments of the parties involved. They chose to blend their knowledge into stories in which the reader is invited “inside” of the characters, to experience with them their confusions, fears and joys.

Eileen gave me this book in September 2008 as a present. I want to encourage anyone affected by adoption to buy this book. To order, please contact Eileen Jordaan at 021-531 2858.

 

Artikels in bekende publikasies

Republikein Koerant Artikel 1
Republikein Koerant Artikel 2
Sarie artikel – bladsy 1
Sarie artikel – bladsy 2
Sarie artikel – bladsy 3
Sarie artikel – bladsy 4
Vliegtuig boek artikel – bladsy 1
Vliegtuig boek artikel – bladsy 2