Your Story

 

Santie vertel…….

(Santie en haar biologiese moeder het ook hul storie op Carte Blanche vertel op 19 Desember  2010)

Vir baie jare het ek gewonder hoe my ma lyk en of sy ooit aan my dink. Vandag hoef ek nie meer te wonder nie, ek weet sy het baie aan my gedink en nou verstaan haar hele familie hoekom sy elke jaar op 6 Mei ‘n koek gebak het – sy het my verjaarsdag gevier en aan my gedink! Dit was ‘n wonderlike dag in elkeen van ons se lewens – die dag toe ma en kind omtrent vir ‘n halfuur net mekaar kon styf vashou en huil en nie ‘n woord uitkry nie. Dit was onbeskryflik! Vandag is ek wat as enigste kind groot geword het so trots dat ek twee pragtige susters by gekry het. My ma se man het my ook sommer dadelik as deel van die gesin beskou. Ek is bitter lief vir my “nuwe” familie. Ek wil elke persoon wat deur aanneming geskei is aanmoedig om jou ma of kind te soek. Dit is die ENIGSTE manier om “closure” te kry.

________________________________________________________________

Estelle Myburgh from Kleinmond and her sister Jenny Scallan from Australia reunited!

Estelle says:

(Estelle also told her story on Carte Blanche on 19 December 2010)

I cant explain how exuberant I am to have met my sister after 64 years! We were both adopted, my sister at 3 years of age and myself at 16 months. After knowing her now for 4 years, it has brought me so much joy and a new outlook in life.  I am so glad I found her and my three brothers.

Estelle with brothers, Tommy & John (right)

I advise anyone of any age who is looking for their parents or siblings to do so. Do not hesitate to search for them, you are never to old, it could change your life forever.

______________________________________________________________________________________

As ‘n klein dogtertjie van vier het Charmaine Fourie se biologiese ma haar by ‘n vreemdeling by ‘n dam in Benoni gelos – en het haar nooit weer gaan haal nie.

 

Charmaine Fourie

Charmaine se storie:

Charmaine Fourie (28) se storie is nie gewoon nie. Dis een wat aan die hartsnare pluk en teen die grein van elke beskermende ouer sal indruis. Charmaine was maar net vier jaar oud toe haar ma haar op ‘n dag aan ‘n vreemdeling oorhandig en verdwyn het. Sy kan onthou dat sy en haar ma saam met twee mans in ‘n tent langs ‘n dam in Benoni gewoon het.

Charmaine se ma het ‘n tienermeisie wat onbekend aan haar was, gevra om vir ‘n klein rukkie na haar dogtertjie om te sien terwyl sy gou iets moes gaan doen. Na ‘n baie lang tyd het die meisie besef dat hierdie kind se ma nie weer van plan is om haar te kom haal nie.  Gelukkig was hierdie meisie se ma ‘n maatskaplike werker. Sy het die kind toe saam geneem na haar ma toe.  Haar ma het gereël dat ‘n klomp pamflette gedruk en in die omgewing versprei word, maar daar was geen reaksie nie. Hierdie maatskaplike werker en haar tiener dogter het hoegenaamd geen inligting gehad oor hierdie klein kindjie wie se ma haar agter gelaat het nie.

Die dogtertjie het net haar eie naam en van geken en geweet dat haar ma se naam Annetjie was. Sy is toe na ‘n tandarts geneem sodat hy kon bepaal hoe oud sy min of meer is. Natuurlik het niemand geweet wat haar geboorte datum was nie. Nadat daar navraag gedoen is, is gevind dat haar geboorte ook nog nooit geregistreer is nie. Die tandarts het bepaal dat sy min of meer vier jaar oud is.  Daar was hoegenaamd geen manier hoe haar biologiese familie opgespoor kon word nie.  Haar lewe moes egter aangaan en vir die volgende paar jaar is sy by verskillende pleeg ouers geplaas. Dit was ‘n wipplank tydperk in haar lewe.  Uiteindelik is sy deur ‘n baie goeie en liefdevolle egpaar aangeneem.  Omdat haar geboorte datum onbekend was en daar op ‘n verjaarsdag datum besluit moes word, is die datum wat sy aangeneem is van toe af haar verjaarsdag datum.  Haar van is toe verander na haar aanneem ouers se van en vir die eerste keer in haar lewe het sy deel geword van ‘n gesin wat vir haar baie beteken het.

In hierdie ouerhuis was sy gelukkig en het geborge en veilig gevoel en dit is hier waar sy vir die eerste keer geleer het van Kersvader en die tande muis en van Paasfees en baie ander dinge wat kinders gewoonlik as vanselfsprekend aanvaar.

Hulle het haar ‘n wonderlike opvoeding gegee en gesonde waardes geleer vertel sy met liefde van die aanneem ouers wat haar onder hul vlerk geneem het.

Sy was nooit onder ‘n wanindruk van haar omstandighede nie. Van die dag wat haar biologiese moeder haar daar by die dam agter gelaat het, het sy geweet wat die ware toedrag van sake was. Die bietjie onthou wat hierdie klein dogtertjie met haar saam gedra het, het kleinode geword. Dis ook die karigheid daarvan wat haar egter steeds weerloos laat.

Ek kan onthou dat my ma my in die dam gebad en my hare gewas het. Sy het langerige bruin hare gehad. Ek onthou hoe die vlamme van die vuur teen die tentwande gedans het………….

Ek onthou die naam Annetjie Veldsman en is baie seker dat dit my regte ma se naam en van moes wees. Dan onthou ek ook hoe ek en my ma altyd by ‘n ouerige dame gaan kuier het, kon dit dalk my ouma gewees het? Hierdie traumatiese gebeurtenis het haar hele lewe ingekleur.  Agter elke ligpunt het daar ‘n skaduwee geskuil.  Ek was altyd met gemengde gevoelens oorweldig. Die verlange na die vrou wat my sommer net so daar by die dam gelos het, het nooit gekwyn nie. Daar het honderde vrae deur my kop gemaal.

Vandag verwyt ek egter gladnie hierdie vrou nie, sy is my ma en ek is lief vir haar ten spyte van wat sy gedoen het.  As ek maar net kon weet hoekom sy dit gedoen het, sou dit dalk my lewe ‘n bietjie makliker gemaak het.  Soveel tergende vrae treiter my al vir soveel jare. Het ek broers en susters?  Wie is my pa? Hoe lyk my ma?  Lewe my biologiese familie nog?  Die belangrikste vraag is – wat het my ma daartoe gedryf om my net so te verlaat? Was ek nie belangrik genoeg vir haar nie?  Het my ma ooit weer aan my gedink of gewonder of ek ok is?  Het sy dalk ‘n kersie aangesteek wanneer ek verjaar het?  As volwassene besef Charmaine dat daar buitensporige omstandighede moes gewees het wat haar ma genoop het om so ‘n drastiese ding te doen.  Ek glo ‘n ma moes baie swaar gekry het voor sy so iets aan haar kind sou doen.  Dalk het sy gehoop ek sou ‘n beter lewe hê as die een wat sy my kan bied. Niemand weet hoe dit dalk haar hart geruk het om dit te doen nie.

Soos ek ouer geword het, het die begeerte om my ma te ontmoet al hoe sterker geword.  Dit is vir my belangrik om te weet waar ek vandaan kom.  Die legkaart van my lewe lê in ‘n duisend stukkies en ek sou graag die prentjie wou voltooi.

Ek is nie kwaad vir haar nie, ek sou net beter kon verstaan as sy eendag vir my sou kon sê waarom sy dit gedoen het. Sy is en sal altyd my ma bly…………..

______________________________________________________________________

Wiegie op die stoep

 

Sarah Rooi

Sarah Rooi van Kleinmond se storie………..

 

Haar verhaal herinner op ‘n manier sterk aan die aangrypende storie van Fiela se Kind wat deur Delene Matthee geskryf is.  Agt en dertig jaar gelede het Jan en Marie Van Vuuren van Witvlei in Namibië ‘n skoendoos op hul stoep gevind. Binne-in was ‘n piepklein babadogtertjie.  “Stel jou voor, ‘n middeljarige wit egpaar kry ‘n Namakind op hul stoep en dit was in die Apartheidsjare.”

Sarah was hierdie baba wat destyds daar op die stoep gelaat is.  Hierdie egpaar het eers ‘n paar dae gewag om te kyk of die baba se ma nie dalk sou terug kom om haar baba te kom haal nie.  Toe daar niks gebeur nie, het Jan en Marie besluit om self hierdie kind groot te maak.  Hulle eie kinders was lank reeds al uit die huis uit.  Marie het hierdie kind gaan registreer en besluit om haar ‘n naam te gee wat by haar herkoms pas.  Sy het met maatskaplike werkers die nodige reëlings getref om die baba te kon hou.  So het dit dan gebeur dat Sarah by die egpaar in die huis groot geword het.

Hulle het my met waardes en norme groot gemaak waarvoor ek baie dankbaar is.  Toe ek twaalf was, is my grootmaak pa oorlede.  Later toe ek twintig was, het my grootmaak ma met haar kop op my skoot gesterf.  In ‘n oogwink was ek nou stoksiel alleen in hierdie wêreld.  Die hartseer om my “ma” te verloor, was oorweldigend.  Ek was bitter lief vir haar.  Ek glo vandag dat my regte ma nie hierdie egpaar self geken het waar sy my in ‘n skoendoos op hul stoep gaan los het nie.  Sy wou dalk net seker wees dat ek ‘n beter lewe sou hê.  My lewe lank het my grootmaak ouers my ingelig oor wat met my gebeur het en waar hulle my gekry het.  Natuurlik was daar altyd ‘n honderd en tien vrae wat in my kop gemaal het oor my eie mense, hoekom my ma dit gedoen het, waar is sy, hoe lyk sy?  Hoekom sou my ma my los by mense wat so anders was as my eie kultuur?

Tog was hierdie lewe by hierdie wit egpaar die enigste lewe wat ek geken het en ek was lief vir hulle, maar in ‘n mate het ek tog soos ‘n weggooi kind gevoel, maar ek weet ook ek het geleenthede ontvang wat my dalk nie beskore sou gewees het as my lewe anders verloop het nie.  Die Namakultuur is baie anders as die Westerse kultuur.  Iets in elkeen van ons hunker tog maar deurentyd na ons wortels.  In 1999 het ek leer lees en skryf, dit het my hele lewe verander.  Steeds kon ek niks uitvind oor my eie herkoms nie.  Niemand het geweet wie ek is nie.  Toe ek in 1999 na Kaapstad gekom het, is my herkoms verder agtergelaat.

Om ouer te word maak die vrae en hunkering nie minder nie.  Ek wil so graag weet hoe my eie mense lyk. Het ek broers en susters?  Wat was die omstandighede wat my ma gedryf het om my op mense se stoep in ‘n skoendoos te gaan laat?

Ek het van Leonie gehoor hier op die dorp wat mense se biologiese families vir hulle opspoor en het haar gebel.  Sedertdien het sy gereël dat die Vrouekeur ‘n artikel oor my plaas aangesien hierdie tydskrif ook in Namibië beskikbaar is, met die hoop dat “iemand” dalk net die artikel sou lees en haar sou skakel met inligting oor my moeder.  Dit is onmoontlik om oor my herkoms navraag te doen, want ek was nooit nêrens geregistreer deur my biologiese moeder nie.  Ek sal nie moed verloor nie, dalk gebeur daar ‘n wonderwerk en kom ek en my biologiese moeder op ‘n dag weer by mekaar uit……….

More Stories >>>> read more>>>

 

Santie Eloff van Hermanus is na 33 jaar met haar biologiese moeder herenig.

  • By nadia, March 25, 2013 @ 12:08 pm

    EkS opsoek na my man se broers en suster. Hul was aangeneem.die tweeling was kevin en claudette mcdonald.gebore 1 maart 1974 kevin was spasties verlam aan sy een kant v liggaam.n couple met die van isaacs het hul glo aangeneem en claudette se naam na bronwen toe verander.en kevin was glo teruggegee.ek dink die ouers (aanneem ouers) se name was mike en mary isaacs.hul was aangeem toe hul so 5jaar oud was. En hul boetie hector mcdonald gebore 15mei 1975 aangeneem deur n couple met die van philips. Hul biologiese ma se naam is martha koen.

  • By Leonie, November 28, 2013 @ 4:00 am

    Hi
    Watter instansie het gewerk met die aanneming van jou man se broers en susters? Stuur asb. al die nodige inligting vir my na leonieerasmus@telkomsa.net
    Groete
    Leonie

Other Links to this Post

site updated February 2016
visits/besoekers